Connect with:
Saturday / September 21.
HomeSakenuusNoodsaaklike erkenning van die informele sektor sal by AHi jaarkongres beklemtoon word

Noodsaaklike erkenning van die informele sektor sal by AHi jaarkongres beklemtoon word

Die noodsaaklikheid om die informele sektor as ’n integrale deel van die ekonomie te erken, sal vanjaar tydens die AHi Wes-Kaap se jaarkongres deur Prof. Frederick Fourie bespreek word. 

Dié jaarkongres vind eerskomende Vrydag, 6 September op Velddrif plaas terwyl ’n gala-aand, wat ook ’n prysuitdeling om entrepeneurs te vereer insluit, op Donderdag 5 September plaasvind. 

“Die informele sektor word telkemale oorgesien ten spyte van die feit dat dit ’n bestaan, werk en inkomste vir ongeveer 2,5 miljoen werkers en sake-eienaars bied,” skryf Fourie in sy boek, The South African Informal Sector: Creating jobs, reducing poverty. 

In elke dorp speel die informele sektor ’n ekonomiese rol en die bestuur van dié dinamika sal deur Fourie onder die vergrootglas geplaas word. Navorsing, deur Fourie, toon dat een uit elke ses persone wat werk, in die informele sektor werksaam is. 

Dié gesprek sal deur ’n paneelbespreking, waaraan kongresgangers kan deelneem, gevolg word.  

André Diederichs, stigter en hoof van FABASA (Family Business Association of South Africa), en ook bekende besigheidskundige, skrywer en media-persoonlikheid, sal tydens die kongres oor familiebesighede gesels. 

Landbou as ekonomies katalisator is die onderwerp wat Cornie Swart, president van Agri Wes-Kaap, gaan aanraak. Om die bespreking oor toerisme as ekonomiese katalisator te lei, is Monika de Jager, bestuurder van Namaqua Weskus Toerisme. 

Die prysuiteling wat tydens die gala-aand sal plaasvind sal die sakekamer van die jaar, opkomende sakekamer van die jaar, kleinsake-entrepreneur van die jaar en kleinsake-beginner-entrepreneur van die jaar aangewys. Die adjunk- uitvoerende direkteur van Agri SA, Christo van der Rheede, is die gasspreker op dié gala-aand.

Diegene wat nog hul plekke moet bespreek, kan gerus die webtuiste, www.ahievent.co.za besoek of dié volgende skakel gebruik: https://ahievent.co.za/#tickets.