Connect with:
Friday / November 15.
HomeLeefstylNuwe House of Rooibos, opgedra aan die Nektar van die Natuur

Nuwe House of Rooibos, opgedra aan die Nektar van die Natuur

Oor die laaste paar jaar het die heerlike smaak, unieke geur en talle gesondheidseienskappe van Rooibostee die vraag na hierdie tee só verskerp dat dit nou wêreldwyd verskeep word en die aroma van Rooibos nou die hele wêreld vol lê. Hierdie antioksidantryke en kafeïenvrye tee groei slegs in die Cederberg-streek en die historiese dorp van Clanwiliam is nie net in die hart van die bedryf nie, maar staan ook bekend as die Rooibos-hoofstad van die wêreld.

Dit is hier waar die nuwe House of Rooibos onlangs sy deure geopen het. “Die inspirasie agter House of Rooibos is om vir toeriste wat Clanwilliam besoek die beste ervaring moontlik te gee, ’n ervaring wat eg is aan Clanwilliam,” sê Gerda de Wet, kommunikasiebestuurder van Rooibos Ltd. “Ons nooi almal na die House of Rooibos, ’n nuwe inisiatief van Rooibos Ltd.”

Met meer as 65 jaar se ervaring is Rooibos Ltd. die voorlopers in die bedryf en beskik oor ’n skatkis van ervaring in gehalte, innovasie en navorsing met betrekking tot die unieke eienskappe en voordele van Rooibostee, ons eie Nektar van die Natuur. Met hierdie kennis het hulle ’n wye verskeidenheid Rooibos-produkte geskep wat nuwe ervarings bied, goeie gesondheid ondersteun en smaakkliere heerlik prikkel. House of Rooibos is die produk van 65 jaar se kennis en kundigheid. Hier sal jy net die beste van die Rooibosplant kry – van ’n verskeidenheid Rooibostee-variasies, nuwe maniere om die tee te drink (soos kapsules en aanmaak-ystee), kos geïnspireer deur en gegeur met Rooibos, tot kosmetiese produkte en lekkerruikgoed wat die gesondheidsvoordele van Rooibos bevat.

Besoek die House of Rooibos met sy teekamer, winkel en inligtingsentrum. Drink ’n heerlike koppie Rooibostee terwyl jy na hulle oudiovisuele voorleggings oor die geskiedenis en produksieproses van die tee kyk. Rooibos-drankies en gebakte lekkernye word in die knus teekamer bedien. As die Rooibos-geregte jou goedkeuring wegdra, maak seker om die unieke Rooibos-kookboek aan te skaf.

By House of Rooibos kan jy meer verwag as net ’n warm koppie tee om jou sintuie te streel. Kosmetiese reekse soos African Extracts Advantage Range, African Extracts Classic Range, Marice, Natural Collection Range, Nature’s Essence, Red Cedar, Rooibos-sepe en Storytellers-produkte is ook hier beskikbaar. Ander produkte sluit in ’n verskeidenheid teeprodukte soos Gemengde Rooibos, Gegeurde Rooibos, Groen Rooibos, Heuningbos, Natuurlike Rooibos en Rooibos Espresso, Rooibos Ystee, verskillende soorte eetgoed en ander geskenke.

Hulle sake-ure is van Maandag tot Vrydag van 09:00 tot 17:00. Vir meer inligting oor die House of Rooibos, besoek https://houseofrooibos.info/ of kontak hulle by +27 (0) 27 482 2155.