Connect with:
Saturday / September 21.
HomeSkoleOpleiding vir nuutverkose SBL-lede deur FEDSAS aangebied

Opleiding vir nuutverkose SBL-lede deur FEDSAS aangebied

FEDSAS bied tydens die tweede kwartaal van 2018 opleiding aan alle nuutverkose SBL-lede, met opleidingsgeleenthede in elke provinsie.

Dit volg ná die landwye bemarkingsveldtog vir die skoolbeheerliggaamverkiesing wat gedurende Maart plaasgevind het. Verlede maand se SBL-verkiesing was ’n reuse sukses vir baie skole regoor Suid-Afrika.

Die tyd het aangebreek om te fokus op wat voorlê en daarom dat FEDSAS die opleiding vir alle nuutverkose SBL-lede aanbied. Die doel van hierdie opleiding is om te verseker dat alle SBL-lede oor die nodige kennis en hulpmiddels beskik om hul skool tot nuwe hoogtes te lei. Alle ouers en aandeelhouers word aangemoedig om dié waardevolle geleentheid by te woon. Alle belangstellendes kan by FEDSAS se webtuiste registreer. Gaan na www.fedsas.org.za – Geleenthede. Lede moet asseblief inteken op hul profiele om te verseker dat hul vir die lede prys kwalifiseer. Nie-lede van FEDSAS is ook welkom om die opleiding by te woon.

FEDSAS kommunikeer nou ook met lede en alle belangstellendes met behulp van die D6 Connect toepassing. Dit is verkrygbaar op die Google Play Store asook die Apple App Store. Laai die toepassing (app) af, registreer en teken in op die “FEDSAS Oop Kanaal” vir relevante nuus. Meer inligting hieroor verskyn ook op FEDSAS se Facebook blad.

Die I Love My School-veldtog streef daarna om elke ouer, familielid en aandeelhouer aan te spoor om aktief in hul kind se opvoeding betrokke te wees en sodoende ook by hul skool betrokke te raak. Ouer-betrokkenheid is uiters belangrik aangesien dit ’n groot rol in die kind se sosiale en akademiese ontwikkeling speel.

FEDSAS is ’n nasionale verteenwoordigende organisasie vir skoolbeheerliggame en is daartoe verbind om lede van skoolbeheerliggame op te lei en te ondersteun, ten einde hoë onderwysstandaarde in elke openbare skool te verseker. FEDSAS is ook nasionaal ’n erkende meningsvormer met betrekking tot beheer en bestuur in skole.

Dit is baie belangrik dat ouers as deel van hul opvoedingstaak nou betrokke is by hul kinders en hul help en ondersteun om sodoende vir hulle ‘n goeie toekoms te verseker. Ouers moet ook daarop aandring dat skole alles in hul vermoë doen om leerders se akademiese ontwikkeling te stimuleer in ’n doeltreffende en veilige omgewing.

Volg al die nuus in verband met hierdie gebeure op die webtuistes www.liefvirmyskool.co.za  / www.lovemyschool.co.za en  www.fedsas.org.za. Besoek ook die Facebook-blad vir I Love My School (@LoveMySchoolZA). Vir meer inligting, volg ons ook op Instagram (@ilovemyschoolza) en Twitter (@ILoveMySchoolZA).