Connect with:
Wednesday / May 22.
HomeUncategorizedOu country-treffers deur top kunstenaars vertolk

Ou country-treffers deur top kunstenaars vertolk

Country is Groot Vol. 3 gaan jou baie luistergenot verskaf. Met kunstenaars soos Steve Hofmeyr, Demi Lee Moore, Riana Nel, Ricus Nel en Theuns Jordaan wat ou country-gunstelinge op hul besonderse wyse vertolk, is hierdie album ’n móét vir jou versameling.

Tien nuwe verwerkings deur onder meer Ruhan du Toit, Riana Nel, Stefan Benz en Ivan Roux is ekslusief op hierdie album ingesluit.

Demi Lee en Monique Steyn se vertolking van Diane, van die immergewilde countryster Cam, is ook een van die vele hoogtepunte op dié album.

Vir die eerste keer kan Steve, Ricus, Demi Lee en Riana saam op een liedjie gehoor word met hul splinternuwe verwerking van die treffer Country Roads.

Bobby van Jaarsveld gaan jou ook in ’n gewyde stemming plaas met sy liedjie H.O.L.Y, terwyl Demi Lee se vertolking van Dolly Parton se Coat of Many Colours ook eksklusief op dié album gehoor kan word.