Connect with:
Saturday / September 21.
HomeLeefstylPaprikahoender in moutbier en lemoen

Paprikahoender in moutbier en lemoen

Ons deel graag met jou hierdie resep van Toorkombuis. Jy hoef nie aan towerhekse of feëverhale te glo nie en jy kan met ’n wetenskaplike oog na die kombuis en alles wat daar gemaak word kyk – maar selfs dan sal jy swig voor die betowering van hierdie dis.

Probeer dit sommer vandag nog terwyl ons in die middel van die winter is. 

Jy het nodig:

  • 1 – 1,5 kg hoenderstukke
  • 3 rooiuie, in skywe gesny
  • 2 lemoene in kwarte gesny
  • 2 rooi soetrissies, wit gedeeltes en sade verwyder en in stukke gesny
  • 1 eetlepel gerookte paprika
  • ’n handvol tiemietakkies
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 3 eetlepels olyfolie
  • 1 x 440 ml blik Guiness of enige ander soort moutbier

Só maak mens

Voer ’n oondroosterpan met foelie en rangksik die rooiuiskywe daarin. Pak die hoenderstukke bo-op en rangskik die soetrissiestukke en die lemoenkwarte tussenin. Sprinkel die paprika boor die hoenderstukke en rangskik die tiemietakkies bo-op. Geur met sout en peper na smaak en bedruip met die olyfolie.

Giet die bier tussen die hoenderstukke deur tot onderin die oondroosterbak. Plaas in ’n voorverhitte oond van 200⁰C en maak vir 45 – 60 minute gaar. Toorkos!