Connect with:
Wednesday / May 22.
HomeMusiekPassie dryf Noa om musiek te maak

Passie dryf Noa om musiek te maak

Hannes Odendaal

Hierdie week het Sterre by die talentvolle Noa Milan, van die Kaap, gaan kuier. Sy werk saam met van die grootste name in die Afrikaanse musiekbedryf soos Bouwer Bosch, Theuns Jordaan en selfs Jan Blohm. Gebore en getoë op Melkbosstrand, bevind dié kunstenaar haarself tot op hede nog in die mooie Kaap. Met ’n brandendende passie vir dit wat sy doen, kon ons nie anders as om meer van haar te wou weet nie. Ons het ’n paar vrae vir haar gevra:

Wat is jou inspirasie om musiek te maak:

My inspirasie om musiek te maak is om stories te vertel. Stories, deur middel van musiek, waarmee mense kan vereenselwig.

As liedjieskrywer, wat is vir jou die grootste uitdaging:

My grootste uitdaging is, sonder twyfel, dat mense die idee het dat net hoofstroom musiek ’n plek op radiostasies verdien. Daar is soveel kunstenaars wat so talentvol is. Wanneer mense dan van hul hoor is die reaksie “sjoe, hoekom weet ons nie van jou nie?” Dit maak ons indie kunstenaars bitter seer, want die platform vir ons musiek is so beperk.

Is jou musiek digitaal beskikbaar:  

Ja, my musiek is digitaal beskikbaar. Op Facebook onder Noa Milan Music en op Soundcloudkan jy net vir Noa Milan soek. kykNET speel tans my musiekvideo van my

enkelsnit, Railway Track. My nuwe liedjie, Dagboek, wat onlangs uitgereik is, speel op GrootFM en Whalecoast FM.

Gaan luister gerus na my enkelsnitte, volg net die skakels hier onder.

RAILWAY TRACK

https://youtu.be/jq5BKb4mG18

HEMELE SKREE (ft Bouwer Bosch)

https://www.facebook.com/noamilanmusic/videos/613506952439777/

LAAT DIE MENSE MAAR PRAAT

https://youtu.be/SnBBQpm_-jQ

Talent, dít het sy beslis. Uithouvermoë in oorvloed en ’n stem wat kan toor. Hou gerus die spaie dop vir meer van Noa Milan.