Connect with:
Wednesday / May 22.
HomeFlieksRaaiselkind: Vrae is daar baie, antwoorde is daar min

Raaiselkind: Vrae is daar baie, antwoorde is daar min

Raaiselkind is van 16 Februarie te sien in fliekteaters landwyd. Dit is gegrond op die roman van bekroonde skrywer Annelie Botes en is die verhaal van die Dörfling-gesin en die simptome van outisme wat uniek is tot Alexander.

Botes se navorsing oor outisme en die wyse waarop sy dit in Raaiselkind weergee is so eg dat sy in 2003 na Nederland genooi is as gasspreker by ’n wêreldsimposium oor outisme. Die boek is ook in 2004 deur Saartjie Botha as toneelstuk verwerk wat by die KKNK en verskeie ander feeste opgevoer is.

Sally Campher, vervaardiger van die film, het Botes se boek gelees en besluit om dit in ’n film te omskep. Vir Campher was dit belangrik dat die film dít vasvang wat Botes in haar boek probeer uitbeeld het, naamlik die uitdagings en hartseer wat die Dörfling-gesin ondergaan en die effek wat iets soos outisme op die hele gesin kan hê.

Die belangrikste aspek en die boodskap wat hulle graag by mense wou laat deur beide die boek en die film, is dat ons nie altyd besef waardeur ouers en mense met outisme gaan nie.

Outisme is die sambreelterm wat gebruik word wanneer daar na ASD verwys word. ASD (Autism Spectrum Disorder) is ’n neurobiologiese ontwikkelingsversteuring wat hoofsaaklik deur sosiale, kommunikasie- en gedragsprobleme gekenmerk word.

Raaiselkind is ’n storie van een gesin se uitdagings met outisme en die aspekte van outisme wat deur Alexander uitgebeeld word in die storie, en eie is aan hóm, word briljant in hierdie film uitgebeeld. Outisme is ’n wye term en dis moeilik om alles saam te vat en uit te beeld, maar hierdie film help om bewusmaking te skep oor die sambreelterm en ons hoop dat mense meer ingelig sal word,” sê Sandy Usswald van Outisme Suid-Afrika.

Kyk die lokprent hier: