Connect with:
Sunday / August 25.
HomeMusiekRubber Duc nou reg om ook hul merk op Afrikaanse musiek te maak met eerste Afrikaanse enkelsnit onder die naam Posduif

Rubber Duc nou reg om ook hul merk op Afrikaanse musiek te maak met eerste Afrikaanse enkelsnit onder die naam Posduif

RUBBER DUC NOU REG OM OOK HUL MERK OP AFRIKAANSE MUSIEK TE MAAK MET EERSTE AFRIKAANSE ENKELSNIT ONDER DIE NAAM POSDUIF

Die Afrikaanse groep, Posduif, mag dalk nie bekend klink nie, maar almal ken hul reeds goed met hul lekker-luister-musiek onder die naam Rubber Duc. Nou het die talentvolle mans bande gesmee met Richard Dewang as Posduif se hoofsanger, en hul eerste enkelsnit Brandy Special (in Afrikaans) beloof om ’n gunsteling te wees by enige braai of partytjie.

“Dit was hoeka om vele braaie wat ons en Richard goeie vriende geword het en die kitare laat saam sing het,” vertel die groep se Nick Jordaan. “Dit was nie lank voor Richard saam met ons as gaskunstenaar by van ons konserte begin optree het nie. Ons het saam aan ’n liedjie begin werk, baie daarvan gehou en ook geglo dit bring iets vars na Afrikaanse musiek gehore. So dit was ’n natuurlike besluit om toe ook saam Posduif te stig.”

Brandy Special, wat deur die hele groep geskryf isis juis geïnspireer deur lekker te kuier op hierdie gunsteling drankie van Suid-Afrikaners. “Ons het altyd groot pret saam en een drankie kan gewoonlik na vele lei wat eindig met ’n heerlike laat nag van spesiale herinneringe. Ons weet ander kan daarmee identifiseer so Brandy Special is ’n metafoor vir hierdie lekker tye en vriendskappe,” voeg Dewing by.

Die groep het ook ’n paar “dieper” liedjies geskryf wat hul ook in die toekoms wil vrystel, “om te wys ons is darem manne wat ook die ander belangrike dinge van die lewe waardeer”. 

Maar wat Brandy Special betref, is Jordaan gretig om verder te deel: “Wanneer jy daarna luister, omhels die lewe, goeie vriende en om fantastiese herinneringe te maak. Daar is soveel wonderlike goed in die lewe en dit is so ongelooflike voorreg om te kan leef. Mens moet elke dag vier as ’n geskenk.”

Vir meer oor Posduif, besoek www.posduif.live.

Geniet die musiekvideo van Brandy Special by https://www.youtube.com/watch?v=fDfuVMqqSxc.

Gesels ook saam op sosiale media – Facebook (PosduifLive), Twitter (@Posduif14) en Instagram (Posduif_Live).