Connect with:
Friday / April 19.
HomeBoekeS.J. Naudé se debuutroman kry Britse uitgewer

S.J. Naudé se debuutroman kry Britse uitgewer

Die skrywer, S.J. Naudé, doen dit weer! Met die sukses van sy vorige kortverhaalbundel, Alfabet van die voëls, wat in Engeland groot lof ontvang het en in Frans en Nederlands vertaal is, slaan Naudé nóg ’n internasionale kontrak los.

Naudé se debuutroman, Die derde spoel, is reeds in Engels vertaal en word in April deur Britse uitgewingsmaatskappy, Salt Publishing, as The Third Reel uitgereik.

Naudé se sukses oorsee is grootendeels te danke aan die feit dat ’n groot deel van sy roman in Engeland afspeel.

Etienne, ’n Suid-Afrikaanse militêre dienspligtige, vlug van sy tuisland en bevind homself as ’n student in rolprentkuns in Londen. Dis hier waar hy ’n obsessie ontwikkel met ’n Duitse kunstenaar se werk en een van drie spoele ontdek wat die hele storie aan die rol sit. Sy soektog na die vermiste film vat jou op ’n kreatiewe avontuur, met ’n paar komplikasies natuurlik, wat jou gedagtes laat dwaal soos nooit te vore nie.

Naudé het aan die Universiteit van Pretoria, Cambridge en Columbia studeer en het ’n meestersgraad in skeppende skryfwerk aan Stellenbosch verwerf.