Connect with:
Wednesday / October 16.
HomeKolligSplinternuwe gons-tydskrif is hier!

Splinternuwe gons-tydskrif is hier!

Die heel eerste uitgawe van ’n splinternuwe gons-tydskrif is hier! Sterre bied lesers nie net die jongste nuus oor ons bekende Suid-Afrikaanse sterre, briljante jong talent wat met vasberadenheid hulle pad oopveg vir erkenning asook allerlei vermaaklike gebeure nie, maar ook stories wat jou hart sal roer en artikels wat jou sal laat regop sit van lekkerkry!

Dié digitale tydskrif bied jou leesstof wat noukeurig gekies is om te verseker dat jy met die nuutste nuus, artikels, wenke en vele op één plek kan kuier.

Ons almal geniet dit om met tye bietjie weg te breek van ons eie realiteit en onsself te verloor in ander se stories, en in Sterre gaan jy nie net oor die land se grootste sterre kan lees nie, maar ons gaan soek ook vir jou sterre wat inspirasie bied. Hulle is op die oog af alledaagse mense – maar hulle leef voluit. Hulle elkeen het die ster in hulself gevind en hul lig laat skyn.

Die eerste voorbladnooi van Sterre is die pragtige Mishka Patel. Sy is ’n Pasella-aanbieder maar ook ’n suksesvolle entrepreneur wat haarself as hardwerkend en gemotiveerd beskryf.  

Ons kuier ook saam met Sumarie Jordaan, die 19-jarige wat nie terugstaan vir die uitdagings wat die lewe haar bied nie. Die positiewe boodskap wat sy oor gestremdheid, wat ook haar realiteit is, deel, is hartroerend. 

Ons vat die pad saam met Izak Delport as hy vertel oor sy ontdekkings ver tussen êrens en nêrens, en die smeulende JJ Taljaard vertel ons dat sy loopbaan as model per toeval gebeur het – ’n voorbeeld dat die lewe tog sy eie paadjie met jou stap.  

Jay Freemantle is ’n influencer op Instagram en het volgelinge wat aan sy lippe hang in die fiksheidswêreld. Hy vertel dat oefen die anker in sy lewe is en hoe dit hom gehelp het om die seer in sy lewe te verwerk.

Met 270 bladsye en volbladfoto’s kan ’n ieder en elk terugsit en ontspan terwyl hulle hulself verlustig in dié inspirerende stories en pragfoto’s!

Om dié uitgawe te geniet, klik hier om op Issuu te lees of jy kan vinnig ’n registrasie op die internasionale platform Magzter doen. Klik hier om te begin.