Connect with:
Friday / July 19.
HomeLeefstylSterbelaaide MCQP sluit 2017 in styl af

Sterbelaaide MCQP sluit 2017 in styl af

Slegs ’n aantal kaartjies vir 2017 se laaste MCQP-geleentheid, Dungeons & Dragons, wat plaasvind op Saterdag, 16 Desember is beskikbaar. Meeste van die plaaslike inwoners en internasionale besoekers het reeds hul kaartjies opgeraap.

Die geleentheid word aangebied by die Kasteel in Kaapstad en misterieuse karakters asook karakters uit Game of Thrones gaan hul verskyning maak. Kaartjies is reeds beskikbaar by Quickticket.

Van die grootste name in die vermaaklikheidsbedryf en op die internasionale front is ook onlangs aangekondig.

Floyd Lavine, Patrick McCreanor, Tommy Gun en PJ Smith is maar net van die gaste wat by die geleentheid gaan wees.

Meer as 50 plaaslike en internasionale kunstenaars gaan by die geleentheid optree en daar is 8 verskillende dansvloere – van die 80’s se retro tot klassieke treffers.

Afrika se grootste en oudste kostuumpartytjie word vanjaar vir die 24ste keer aangebied.

“Ons gaan groter, beter en lekkerder as ooit tevore. Die laaste twee jaar het die weer ons ’n knou gegee, maar vanjaar het ons sewe binnenshuise dansvloere en een buite,” sê Ian McMahon, direkteur van MCQP.

Die bekroonde DJ en geleentheidskoordineerder, Candice Heyns, is ook deel van die span na Europa getoer het. “Ons gaan die grootste verhoog nóg na die tafel bring,” het sy gesê.

MCQP se Dungeons & Dragons sal op Saterdag, 16 Desember, om 20:00 afskop. Toegang kos R380 en die Camelot Throne BBP-kaartjies is R975. Kaartjies is beskikbaar by www.quicket.co.za.

Vir meer besonderhede besoek MCQP se webblad of hul Facebook-blad.