Connect with:
Sunday / August 25.
HomeUncategorizedSuperster Demi Lee Moore deel toekenning

Superster Demi Lee Moore deel toekenning

Die superster Demi Lee Moore is pas met vier Ghoemas vereer, waarvan sy die een in ontvangs geneem het namens die sterre Bok van Blerk, Bobby van Jaarsveld, Jay, Ruhan du Toit en Steve Hofmeyr wie se gewilde musiekvideo, Die Land, as finalis verban is.

Demi Lee is nie net die Topverkoper van die Jaar en Beste Pop-album deur ’n Vroulike Kunstenaar nie, maar is ook bekroon vir die Musiekvideo van die Jaar vir haar video, Mis Eet Slaap Herhaal. Dié enkelsnit is ook die Gewildste Liedjie van die Jaar.

Tarryn Lamb is aangewys as Vroulike Kunstenaar van die Jaar en haar album, Mal Oor Jou, is as die Beste Kontemporêre Album deur ’n Vroulike Kunstenaar en ook Album van die Jaar aangewys.

Die titel van Nuweling van die Jaar is aan Ivan Roux toegeken. Ivan was ook verlede jaar ’n deelnemer aan Die Kontrak en het tweede geëindig. Sy album, Daai Ding, is kort na afloop van dié program wat op VIA TV uitgesaai is, vrygestel.

Demi Lee het verlede jaar as wenner van Die Kontrak met ’n gesogte platekontrak van Coleske Artists weggestap. Met die vrystelling van haar album Mis Eet Slaap Herhaal was winkels oorval en bykomende voorraad moes reeds in die eerste week voorsien word. Dié album het binne enkele dae na sy vrystelling goue status bereik.