Connect with:
Saturday / July 20.
HomeMusiekTaye Brink stel tweede Afrikaanse enkelsnit bekend!

Taye Brink stel tweede Afrikaanse enkelsnit bekend!

Die talentvolle en pragtige Taye Brink van Boksburg het gedurende 2018 haar eerste Afrikaanse enkelsnit WAT AS (geskryf deur Hugo Ludik) uitgereik en dié liedjie was baie goed deur radiostasies landswyd ontvang.

Die tyd het nou aangebreek vir hierdie musikant met ‘n rits kwalifikasies van Trinity College in London om haar tweede Afrikaanse enkelsnit, OOR DIT, vry te stel.  Die liedjie is geskryf deur Hugo Ludik en Vaughan Gardiner en ook deur hulle vervaardig by Muse Productions.   Dit gaan oor die seer wat elke persoon moet deurgaan en verduur as gevolg van leuens.

Ek wou nie hê iemand moet vir my nog ‘n liedjie skryf oor die liefde nie.  Hierdie liedjie is geskryf nie net vir my nie, maar vir elke persoon wat hartseer ervaar het en die stap gevat het om ‘n belsuit te vat rondom wat die beste vir hulleself is wanneer dit by ‘n situasie van leuens kom.  My boodskap is om mense te inspireer en te laat besef dat hulle die beste en regte besluite vir hulself moet maak.  Vir niemand anders nie.  Staan sterk en veg vir geluk in jouself en vir wat jou gelukkig maak as mens”,  sê Taye oor die indrukwekkende nuwe liedjie wat beslis aanklank gaan vind by ‘n wye gehoor.

‘n Musiekvideo vir die liedjie word ook beplan en sal binne die volgende paar weke uitgereik word.

Taye het al talle hoogtepunte in die musiekbedryf gedurende die afgelope nege jaar behaal.  Sy het al skouers geskuur met internasionale kenners en agente soos Kim Myers van die ARTS EXPO, Tashia Stafford van Icon Studio’s Atlanta en Nate Butler van America’s Got Talent en tree gereeld by plaaslike feeste en geleenthede in Suid-Afrika op.

In 2015 is haar eerste album, Stronger Than Ever, vyrgestel waarna sy met met die hulp van onderskeidelik Byron Keno en Nate Butler nog twee Engelse enkelsnitte uitgereik het naamlik Till I Find You en A Life Time.

Sy het groot bewondering vir moderne Country- en Pop-kunstenaars soos Taylor Swift en Carrie Underwood maar is glad nie een is vir frilletjies en fieterjasies nie.  Sy is mal is oor visvang en diere. In haar vrye tyd skilder sy en werk aan musiek.

 

SOSIALEMEDIASKAKEL

Facebook: https://www.facebook.com/TayeBrink/

Twitter: @tayebrink

Instagram: @taye_brink