Connect with:
Wednesday / May 22.
HomeSakenuusTegnologie trap nou ook diep spore in landboumark

Tegnologie trap nou ook diep spore in landboumark

Die vinnige ontwikkeling van tegnologie betree tans verskeie kennisvelde, waaronder ook die landbou-omgewing waar dit ’n baie belangrike rol speel. Grond- en watersensors wat vog- en stikstofvlakke kan opspoor en weervoorspellings wat toeganklik is deur mobiele programme wat hoofsaaklik fokus op landbou, is maar net ’n paar dinge wat moontlik gemaak word met die hulp van tegnologie. Tegnologie neem ook veilings oor – hierdie manier van koop en verkoop word nou makliker en meer toeganklik vir kopers of verkopers gemaak.

Petrus van Heerden, direkteur van Beeswinkel – ’n aanlyn-veilingplatform – het die perfekte oplossing geskep vir al jou veilingbehoeftes. “Onlangse vooruitgang in internet-tegnologie het ’n groot invloed gehad op voorsieningskanaalbestuur, en veral bronverkryging, praktyke en koste. Beeswinkel is trots op hierdie nuwe elektroniese platform waar kopers en verkopers daagliks toegang tot hul wye netwerk in Suid-Afrika en Namibië het,” het Van Heerden gesê.

Beeswinkel is ’n veilige platform vir alle boere waar hulle hul diere kan opveil. Op hierdie elektroniese handelsplatform kan kopers en verkopers hul netwerk regdeur Suid-Afrika en Namibië verkry. Hul doelstelling is om jou verkoopstransaksies so veilig as moontlik vir beide koper en verkoper te maak.

Veilings is baie belangrik in die landbou en vorm ’n integrale deel van die verkoop en koopkultuur van boere. Veilige transaksies is een van die redes waarom boere gebruik maak van veilings om diere te verkoop of te koop. Beeswinkel maak ook gebruik van omgekeerde veilings (reverse auctioneering) waar die rolle van die koper en verkoper omgeruil is.

Sommige boere neem hul vee na veilings, om net weer leë hand huis toe te gaan omdat die vee nie verkoop word nie. Soms moet die boer ’n laer prys aanvaar as wat hulle gehoop het as gevolg van hoë vervoerkoste. Die boer voel dan gewoonlik hy het sy tyd gemors – hy moes vir dierevervoer na en van die veilings betaal, baie geld is spandeer en niks is verkoop nie. Maar daar is nog ’n opsie.

Hoekom moet jy Beeswinkel gebruik? Daar is ongeveer 300 voerkrale in Suid-Afrika. Selfs as jy van 10 van hulle bewus is, is daar nog 290 waartoe jy nie toegang het nie. Elke voerkraal-eienaar in die land soek spesifieke diere in terme van ras, gewig of geslag waarmee hy probeer om geld te verdien en sy vragmotors oral in die land, selfs na Namibië, sal stuur om daardie dier te kry. Voerkraal-eienaars wil egter nie te ver ry na ’n veiling nie want hulle wil nie hul voerkraal onnodig verlaat nie.

As ’n voerkraal-eienaar glo dat hy ’n regverdige kans het om ’n spesifieke boer se diere teen sy prys te koop (of weer te her-koop), sal hy van die gemak van sy eie kantoor aan Beeswinkel se veilingproses deelneem. Met ander woorde, elke boer kry op dieselfde tyd volle toegang tot alle kopers in die land. So kry voerkraal-eienaars die regverdige kans om enige kalf of lam te koop, ongeag waar die eienaar in die land is, of waar die kalf of lam is. Maak seker dat jy vandag nog Beeswinkel besoek.

Beeswinkel het skyn-veilings op hul webtuiste van 3 tot 13 Januarie 2019. Beeswinkel sal hierdie tyd gebruik om alle geregistreerde gebruikers op die lewendige webwerf te laat deelneem deur daagliks om 14:00 diere te koop of te verkoop sonder enige verpligting om lewende diere regtig te verkoop of verkoop.

Dit sal die perfekte tyd wees om die platform te toets om presies te sien hoe dit werk. As jy as ’n verkoper of koper registreer, laai jou beeste op die webwerf op en kyk wat gebeur tydens die skyn-veiling. Dit is so maklik soos dit. Die eerste werklike veiling sal op 14 Januarie gehou word.