Connect with:
Saturday / December 7.
HomeFeesteTop-kunstenaars by die Madeliefie Makietie-fees

Top-kunstenaars by die Madeliefie Makietie-fees

Strandfontein aan die Weskus verwelkom vanjaar die somer met ’n fees wat jy nie mág misloop nie! Jy kan op Vrydag, 25 en Saterdag, 26 Oktober jou dansskoene aantrek, vergeet van die stres by werk en jouself gate uit geniet by vanjaar se Madeliefie Makietie-fees aan die pragtige Weskus.

Die fees het verlede jaar duisende mense gelok, daar is niks soortgelyk in die Namakwa-Weskus nie en dié jaar doen ons dit weer. Van Suid-Afrika se bekendste kunstenaars kom om feesgangers te vermaak met liedjies wat hulle gaande sal hê. Hulle is Caroline Grace, Ricus Nel, Early B, Dennis East, Wynand en Cheree Strydom, Appel, Ivan Roux, Tarryn Lamb, Jay, Bok van Blerk, Tommy Dell, Sunset Sweatshop, Jan Bloukaas en Dobbelsteun.

Vir meeste van die kunstenaars is dié fees ’n eerste en vir sommige ook ’n eerste besoek aan Strandfontein.

Die pragtige Tarryn Lamb sê: “Ek sien uit om julle almal te sien by die Madeliefie Makietie.”

Feesgangers kan ook uitsien na die man met die sexy stem, Bok van Blerk, wat sy aanhangers gaan vermaak met liedjies soos Koue Voete, Lemoene, Ons Vir Jou Suid-Afrika en vele meer. “Ek kom maak ’n draai op Strandfontein by die Madeliefie Makietie. Ek sien uit om saam met julle aan die Weskus te kuier en kan nie wag nie,” sê hy.

Caroline Grace het die volgende te sê gehad: “Ek sien verskriklik uit na die Madeliefie Makietie-fees. Maak seker jy is op Strandfontein op 25 en 26 Oktober. Ek sien julle daar vir ’n lekker opskop.”

Die fees raak net elke jaar groter en groter! Strandfontein se lieflike ligging, die ongelooflike uitsig oor die see, Weskus-gasvryheid en die joviale atmosfeer wat eintlik ook die begin van die somer aandui, is ’n absolute wenresep.

Met sy kitaar en pragtige stem is Ivan Roux se vertonings energiek en opgewek en sal hy beslis enige gehoor bekoor. Ivan het die volgende te sê gehad oor vanjaar se fees: “Ek is ongelooflik opgewonde om hierdie jaar die Weskus te besoek vir die Madeliefie Makietie-fees. Maak seker jy is op Strandfontein op 25 en 26 Oktober vir een massiewe party.

 

As daar een ding is wat in jou dagboek aangeteken moet word, is dit hierdie naweek van pret en jolyt. Vanjaar se fees beloof om almal se verwagtinge te oortref. Daar is top-kunstenaars, die lekkerste kontreikos en top-wyne van die streek, ’n menigte stalletjies, allerlei vermaak vir oud en jonk en vele meer. Koop julle kaartjies nou!

Bly op hoogte van die jongste Madeliefie Makietie-nuus op Facebook, Twitter en Instagram. Besoek ook ons webtuiste by www.madeliefiemakietie.co.za om meer te lees.

Kry die volledige feesprogram by www.madeliefiemakietie.co.za. Kaartjies is beskikbaar by Computicket, Shoprite/Checkers-, House & Home-winkels, of kontak 0861 915 8000. Kaartjiepryse is as volg:

 

Vrydag, 25 Oktober: 

Volwassenes – R150

Pensionarisse – R100

Kinders (7 jr – 17 jr) – R75

 

Saterdag, 26 Oktober:

Volwassenes – R195

Pensionarisse – R150

Kinders (7 jr – 17 jr) – R90

 

Vir medianavrae: Cindy Schade

E-pos: cindy@namaqua-eng.co.za 

Tel: 071 151 6526

 

Uitgereik deur Lightspeed Digital Media