Connect with:
Sunday / August 25.
HomeLeefstylTV: Maak heerlike beskuit vir die wintermaande!

TV: Maak heerlike beskuit vir die wintermaande!

Marinda Teubes van Idma@Kapel, deel haar maklike Rooibos gesondheidsbeskuitresep met ons.

Bestanddele:

  • 2 koppies melk
  • 160 ml suurlemoensap
  • 500 g margarien, gesmelt
  • 60 ml bakpoeier, gesif saam met die meel
  • 2 koppies semel
  • 1 koppie hawermout
  • 6 koppies All Bran
  • 2 koppies bruinsuiker
  • 2 eiers
  • 8 koppies koekmeel, gesif
  • Halwe koppie fyn amandels
  • 1 koppie rosyne geweek in Rooibostee
  • 2 koppies sonneblomolie
  • Halwe koppie lynsaad
  • 1 koppie fyngekapte gemaalde neute
  • 2 koppies sonneblomsaad
  • 1 koppie Rooibostee afgekoel

Metode:

Meng droë bestanddele in mengbak. Meng gesmelte botter. Voeg melk, suurlemoensap en Rooibostee by en meng die vloeistof met gesmelte botter.

Meng eiers en olie saam en voeg by gesmelte bottermengsel totdat alles deurgeroer is. Voeg nat mengsel by droë bestanddele en meng goed deur.

Goei mengsel in beskuitpan en sny die beskuit in blokkies as jy nie ’n beskuitpandrukker het nie. Bak by 180 grade vir 45 min.

Laat koel af en pak stukkies in oondpan en droog oornag uit by 70 grade. Die Rooibos maak die beskuit lekker bros en dit is nie so soet nie.

Geniet gerus hierdie lieflike gesondheidsbeskuit op ’n koue oggend met ’n lekker koppie boeretroos.