Connect with:
Saturday / August 24.
HomeKolligTV: Slim leiers maak seker almal is genooi vir Snotkop

TV: Slim leiers maak seker almal is genooi vir Snotkop

Snotkop is nie sommer van hier nie, en as hierdie superster op jou dorp kom kuier, moet jy plan maak. En nie sommer só ’n plan nie, jy span sommer al die leiers van die skool in om almal te laat weet ’n briljante kunstenaar kom kuier.

Greghan Groenewald het www.sterre.co.za laat weet van hierdie spesiale konsert wat op Woensdag, 7 Augustus in die EHS ouditorium op Ermelo plaasvind. 

Die geleentheid word aangebied deur die leiers van Laerskool JJ van der Merwe en hulle het koppe bymekaargesit om hierdie unieke video-uitnodiging te maak wat ons vir die eerste keer hier op Sterre wys. Ons is seker julle gaan die video net so baie soos ons geniet en ons dink beslis Snotkop gaan baie beïndruk wees! 

Daar is geen ouderdomsbeperking nie en die hele gesin word genooi om die konsert by te woon. Mense moet egter vroegtydig kaartjies aanlyn koop by https://tickets.tixsa.co.za/event/snotkop-sous-ermelo of by die kantoor by Laerskool JJ van der Merwe. Kaartjies is ook beskikbaar by die EHS ouditorium. Die konsert begin om 19:00.

Vir meer inligting oor Laerskool JJ van der Merwe, kontak hulle gerus op 017 811 5954 of besoek hul webtuiste: http://www.jjvdmerwe.co.za/ .