Connect with:
Monday / December 9.
HomeKolligTweede seisoen van Die Byl is uiteindelik hier – en eksklusief op Showmax!

Tweede seisoen van Die Byl is uiteindelik hier – en eksklusief op Showmax!

Die tweede seisoen van die immergewilde reeks, Die Byl, is uiteindelik hier en sal van 15 Julie eksklusief op Showmax geniet kan word. Sterre en Showmax gaan seker maak vyf gelukkige lesers loop dit nie mis nie.

Dié reeks is losweg gegrond is op die lewe van Piet Byleveld, voormalige Suid-Afrikaanse top-speurder, wat in 2017 oorlede is. Piet van Bijl (aka Die Byl) word vertolk deur Waldemar Schultz. Hy is ’n briljante speurder wat spesialiseer in reeksmoordenaars en is ook ’n pligsgetroue werknemer wat alles vir sy naaste sal doen.

In seisoen 2, waarin die tyd reeds vyf jaar verloop het, is Byl se verhouding met adv. Nicky van As (Milan Murray) op die rotse, terwyl Kaptein Lena Evans (Lika Berning) nou getroud is en ma is van ’n jong seuntjie. Die span se kantore het heelwat verander en in die laboratorium het dr. Fritz Barnard (Vita-toekenningswenner Eric Nobbs) ’n nuwe assistent, dr. Shani van Rooi (Trudy van Rooy). Ellie Bonthuys (Avanti-wenner Barbara-Marié Immelman), wat ’n joernalis was, is nou die woordvoerder van die polisie-eenheid.

Die reeks spog ook met die wenner van ’n Vita-toekenning, Tertius Meintjes, as generaal Neels van As. Marvin-Lee Beukes (Waterfront, Die Boland Moorde) is kaptein Juan Stuurman en Rolanda Marais vertolk die rol van Byl se eks-vrou, Carien. 

Die naelbyt-misdaadreeks word vervaardig deur Marche Media wat ook bekend is vir flieks soos Kanarie en Johnny Is Nie Dood Nie. Gasspelers waarna daar in dié seisoen uitgesien kan word, is SAFTA-wenners Denise Newman (Shirley Adams), Deon Lotz (Skoonheid), Marius Weyers (The Gods Must Be Crazy) en Jody Abrahams (Hard Copy), wat in die eerste episode as kaptein Willem Ruiters sterf nadat hy ingeroep word om Byl en sy span te help met die ondersoek na die dood van ses lede van die Son of Samson, ’n bende op die Kaapse Vlakte.

Maak seker jy mis nie dié seisoen nie.

WEN: Sterre en Showmax bied aan vyf gelukkige lesers die kans om dit op Showmax te geniet met drie maande se gratis toegang tot Showmax. Besoek nou ons sosiale media en neem deel om seker te maak jy staan ’n kans om te wen. Die kompetisie sluit op Woensdag, 10 Julie om middernag en wenners sal telefonies in kennis gestel word. Bepalings en voorwaardes geld.