Connect with:
Friday / July 19.
HomeInnoveerderUnieke handgemaakte juwele van Kylie Blise

Unieke handgemaakte juwele van Kylie Blise

Kylie Blise is ’n eiesoortige juweelontwerper wat unieke, handgemaakde juwele skep wat nie net uitstaan nie, maar ook mode-giere ontlok.

Toe Kylie gesukkel het om juweelstukke te kry wat by haar spelerige persoonlikheid pas, het sy sommer besluit om haar eie te maak. Kort voor lank het ander mense haar unieke ontwerpe raakgesien en navraag begin doen en so het Earth To You, haar juwelierswinkel, ontstaan.

Kylie trek inspirasie vir haar stukke van Noord-Afrika. Sy maak gebruik van natuurlike materiale soos hout, skulpe en edelgesteentes en laat toe dat die materiale haar lei tot die finale produk. “Ek gee nie veel aandag aan hoe ’n stuk moet lyk voordat ek sit om dit te maak nie,” sê Kylie. Haar stukke neem tussen 30 minute en 3 ure per item afhangende van die kompleksiteit daarvan.

Vir Kylie is dit ook belangrik om af-en-toe stil te raak en tyd vir haarself te maak om sodoende haar gedagtes bietjie af te sluit en te fokus op die eenvoudiger dinge in die lewe.

Sy deel ook graag haar raad oor besigheid met ander: “Volg jou eie belange en modes en moenie bang wees om waaghalsig te wees nie. Daar mag dalk mense wees wat nie van jou ontwerpe hou nie, maar daar gaan ook talle aanhangers wees. Onthou net dat dit tyd vat om ’n besigheid te bou en dis okay,” sê Kylie.

Kylie het ook onlangs haar aanlynwinkel oopgemaak en noem dat sy groot drome het vir haar produkte om internasionaal te gaan.  

Vir meer inligting oor Kylie en om jou hande op haar unieke werke te kry besoek gerus www.earthtoyou.co.za