Connect with:
Tuesday / December 10.
HomeAgri-nuusWaardevolle toevoegings deur Hinterland op vanjaar se ALFA-program

Waardevolle toevoegings deur Hinterland op vanjaar se ALFA-program

Hinterland speel vanjaar weer ’n sentrale rol by die vierde ALFA (African Livestock Trade Fair) en dit beloof om groter en beter as ooit tevore te wees. Dié handelsekspo, met die fokus op vee, vind van 17 tot 19 September by die Afridome-skougronde, in Parys, plaas.

ALFA stel die verskillende fasette van die veebedryf voor en bied waardekettings vanuit ’n handels- en tegnologiese perspektief aan. Landbouers van regoor Suid-Afrika – en ook enige persone met ’n belang in die veebedryf – word uitgenooi om die ekspo te besoek.

Besoekers kan uitsien na verskeie items wat deur Hinterland aangebied word.

Hinterland Plaasbestuurderskonferensie

Die Hinterland Plaasbestuurderskonferensie is ’n waardevolle nuwe toevoeging tot die ALFA-program en word op Dinsdag, 17 September van 09:00 tot 09:30 in die ABI Africa-saal aangebied.

Die doel van dié konferensie is om aandag op die gespesialiseerde aard van die beroep as plaasbestuurder te vestig. Die bekende besigheidsman en spreker, Brand Pretorius, sal ook as spreker by dié geleentheid optree.

Hinterland Nasionale Interrasvleisbeeskampioenskap

Die Hinterland Nasionale Interrasvleisbeeskampioenskap, wat op Donderdag, 19 September by die ekspo plaasvind, is nie net die hoogtepunt van ALFA se interrasfokus nie, maar ook die hoogtepunt van die ALFA-program.

Hier word die grootste veeskoue in die land se interraskampioene bymekaar gebring sodat die nasionale manlike en vroulike interraskampioene gekroon kan word.

“Die kwalifiseerders die jaar is van ’n geweldige hoë standaard en dit is seker die beste genetika wat al ooit in Suid-Afrika onder een dak uitgestal is. Daar is ongelooflike kampioene hierdie jaar op pad ALFA toe,” het Albert Loubser van Plaas Media, mede-organiseerder van ALFA, in ’n onlangse onderhoud op Grootplaas, gesê.

Die koeibeoordeling vind om 14:30 plaas en word gevolg deur die bulbeoordeling om 15:30. Die parade en kroning van die wenners vind tydens die dinee, van 18:00 tot 22:00, plaas. Ekspo-gangers word ook uitgenooi om ’n draai te maak by die splinternuwe “Hinterland Customer Lounge”.

Hinterland-wapenwinkel

Tydens ALFA 2019 gaan daar ook ’n Hinterland-wapenwinkel wees met spesiale aanbiedings op gewere wat op bestelling aangekoop kan word. Verder sal daar ook ’n wye reeks teleskope en toerusting beskikbaar wees.

Vir meer inligting oor Hinterland en hul produkte, dienste en promosies, besoek gerus hul webwerf by www.hinterland.co.za.

Jy kan ook Hinterland op Facebook, Twitter, Instagram  en LinkedIn volg om op hoogte te bly van die nuutste nuus.