Connect with:
Sunday / August 25.
HomeSakeWat is korttermyn-versekering?

Wat is korttermyn-versekering?

Korttermynversekering is versekering wat baie meer aanpasbaar as gewone versekering is. Bates hoef nie met hierdie tipe versekering vir meer dekades aaneen verseker te wees nie. Gewoonlik kan die versekering met min of meer ’n maand se kennisgewing gekanselleer word.

Bates wat gewoonlik in hierdie kategorie van versekering gedek sal word, is dinge soos motors, reisversekering, meubels en elektroniese toestelle soos selfone en rekenaars.

Met korttermynversekering kan gebruikers gemoedsrus hê oor hul bates. Suid-Afrika word ongelukkig gekenmerk deur ’n hoë diefstalsyfer. Sou enige van jou besittings wat deur jou korttermynversekering gedek is, gesteel word, sal jy dit teen jou versekering kan terugeis.

Korttermynversekering is ook handig in die geval van ’n ongeluk. Of jy nou jou selfoon laat val of in ’n motorongeluk betrokke is, is dit sinvol om te weet dat jou korttermynversekering enige kostes wat met die herstel van hierdie bates gepaard gaan, sal dek.

“Verbruikers behoort eerder veilig te wees as dit kom by die veiligheid van hul bates. Vir ’n bekostigbare premie kan hulle baie geld spaar sou daar iets gebeur met hul goedere. Die lewe is onvoorspelbaar en in die huidige ekonomiese klimaat wil niemand regtig ’n groot onvoorsiene bedrag uithaal vir die herstel van ’n motor of iets soortgelyk nie,” meen Marlize Roux, finansiële beplanner en hoof van MMR Finansiële Dienste.

MMR is ’n goedgekeurde finansiële diensverskaffer (FSP 12017) op Vredendal. Die maatskappy bied ’n wye reeks finansiële dienste soos beleggingsopsies, versekering en hulp met die uitneem van huisverbande. Voornemende kliënte kan hul eerste konsultasie met die MMR-span gratis kry deur hulle te bel by 027 213 3043. Besoek ook hul webtuiste op www.makelaars.co.za.

Volg MMR op Facebook (@MMRFinDienste), Twitter (@DiensteMMR) en Instagram (@MMRFinDienste) om op datum te bly met die nuutste aanbiedings en dienste van hierdie makelaars.