Connect with:
Wednesday / October 16.
HomeEventsWees deel van eksklusiewe private funksie van Country is Groot

Wees deel van eksklusiewe private funksie van Country is Groot

Met al die kaartjies vir Country is Groot wat uitverkoop is, is daar nou goeie nuus. Jy kan deel wees van ’n eens-in-’n-leeftyd konsert-ervaring met eksklusiewe private funksie van Country is Groot.

Dié produksie, met Steve Hofmeyr, Riana Nel, Demi Lee Moore en Ricus Nel, is enkele dae ná kaartjieverkope geopen het, uitverkoop.

Dié spesiale konsert vind op Woensdag, 24 April by die wêreldklas Sun Arena in Pretoria plaas en gaste sal om ’n tafel van tien dié konsert, asook ’n driegangmaal met gesogte wyne, geniet. Elke gas sal ook ’n geskenkpakkie met onder meer CD’s en DVD’s ontvang. Verder kan daar uitgesien word na verrassings wat hierdie geleentheid een vir die boeke sal maak.

Tafels kan slegs by info@afrikaansisgroot.co.za bespreek word. Korporatiewe maatskappye sal die geleentheid kry vir blootstelling.