Connect with:
Saturday / September 21.
HomeLeefstylWillemsrivier is jou bestemming hierdie winter

Willemsrivier is jou bestemming hierdie winter

Die plaas Willemsrivier buite Nieuwoudtville is die tuiste van elf bekoorlike gastehuisies, elkeen met ’n unieke styl en tema. Die gasteplaas is ’n gewilde bestemming in dié geweste. “Of besoekers nou wil ontspan en saans sommer net na die sterre wil kyk, of die meer energieke gaste eerder een van die talle aktiwiteite op die plaas wil aanpak, die plaas maak voorsiening vir elkeen se behoeftes,” sê Erika Kotzé, eienaar.

Willemsrivier is geleë by Nieuwoudtville in die Noord-Kaap. Die afstand van Kaapstad na Nieuwoudtville is 350 km en van Upington is dit 480 km. Kapenaars neem die N7 verby Piketberg, Klawer en draai regs by Vanrhynsdorp. Ry tot by Nieuwoudtville en draai dan links na Loeriesfontein. Willemsrivier is ook ’n gerieflike oornagplek omdat dit net 4 km van die hoofpad-roete na en van Kgalagadi geleë is.

Met die droogte wat die Wes en Noord-Kaap ons onlangs geteister was, het daar eindelik lig in die tonnel verskyn. Die afgelope twee maande het Nieuwoudtville goeie rëenval ervaar. Willemsrivier is bekend dat hy elke jaar spog met ’n pragtige landskap van katsterte en rooisatyn-blomme, dus gee die afgelope twee maande se reën die saaitjies genoeg tyd om te ontkiem om Willemsrivier soos ’n blomkombers te laat lyk in Augustus- en Septembermaand.

Die plaas ervaar in die winter daardie ysige koue en jy wil nêrens anders wees as voor die kaggel om snoesig te lê en lees met ’n lekker koppie koffie nie. “Die dekorstyl van die gastehuise is keurige plaasstyl – dit beteken meubels en dekoritems wat spesiaal uitgesoek en gekies is vir die effe verweerde, ingeleefde ouwêreldse gevoel wat die geskiedenis ryk gevoel beklemtoon. Elke item van die gastehuise op Willemsrivier is spesiaal met die hand uitgesoek om gaste die plaasgevoel te laat ervaar,” voeg sy by.

Willemsrivier bied verskeie aktiwiteite wat besoekers kan besig hou. Daar is verskeie stap- en seisoenale blomroetes en talle 4×4- en bergfietsroetes. Besoekers aan die plaas is ook meer as welkom om die boerdery-aktiwiteite te besigtig en hulle is ook nou besig om Rooibos aan te plant. Maak net seker jy bring stapskoene, ’n kamera en ’n waterbottel saam!” skerts Erika. Elke staproete kan gevolg word met behulp van ’n kaart, wat jou ook sal inlig hoe ver die roete is en hoe lank dit jou sal neem om dit te voltooi. Die Nieuwoudtville-waterval, slegs ’n tree weg van Willemsrivier, is ook een van mooiste natuurtonele om te gaan besigtig tydens jou kuier op Willemsrivier, asook die Kokerboomwoud wat naby die plaas geleë is.

Willemsrivier het ook talle geskiedkundige geboue en spog met ’n kleurryke geskiedenis. Van die historiese geboue wat besigtig kan word, is onder meer die ou kerk, skool en tronk, die Smuts/Maritz Kantoor en daar is ook ’n trekker-museum. Daar is ook verskeie besienswaardighede op die plaas en in die omgewing wat ’n besoek werd is. Hierdie winterseisoen is nou jou ideale wegbreek-geleentheid, moenie beplan vir hierdie uitstappie nie – pak eenvoudig jou tasse en kom ontspan weg van die stad se gejaag, Willemrivier maak jou wegbreek hul prioriteit.

Vir meer besonderhede oor Willemsrivier, gaan na hulle webtuiste by willemsrivier.com of besoek hul Facebook-blad by @willemsrivier, Twitter by @willemsrivier of Instagram by @Willemsrivier